|
Omdat openbare vervoer nie geredelik beskikbaar is na al die plekke wat ons hier aandui nie, stel ons voor
dat u die Kaap met eie vervoer ontdek en geniet. Al die genoemde plekke is bereikbaar met 'n gwewone sedan
tipe voertuig. Indien u so sou verkies, en u dit vooraf reel, kan ons hier by Villa10, en met groot vreugde, u op 'n begeleide toer neem na enige van die genoemde plekke. Skakel ons gerus om te verneem of daar koste aan verbonde is en hoeveel. Hier is ons kortlys van die gewidste dele van die Kaap wat u ook kan ontdek en geniet: (Kliek op die name vir meer inligting) - KULTURELE KAAP - HISTORIESE KAAP - MOOISTE KAAP - KAAPSE STRANDE - KAAPSE WILDLEWE - KAAPSE VOËLLEWE - BOTANIESE KAAP - KAAPSE WESKUS - KAAPSE ARGITEKTUUR - KAAPSE MUSEUMS - KUNS IN DIE KAAP - SPORT IN DIE KAAP - KAAPSE 4x4 ROETES - KAAPSE KOS - WYNROETES VAN DIE KAAP - BRANDEWYNROETE VAN DIE KAAP - KAAPSTAD IN ´N DAG - KAAPSTAD IN ´N MANDJIE - KAAPSTAD TE VOET - KAAPSE NAGLEWE Vra gerus indien u meer inligting verlang ten opsigte van enige bestemming hier genoem. Iemand het eendag gesê: "...It´s not only the scenery you miss by going too fast - you also miss the sense of where you are going and why...." Ons aanbeveling is dat, watter deel van die Kaap u ookal ontdek, u die tyd neem om dit te geniet. Ons, hier by Villa10, is maar al te bewus daarvan dat ons nie noodwendig op hoogte is van hoe die Kaap en of sy omgewing verander en ontwikkel nie. Indien u dalk oor beter inligting beskik, of indien u addisionele inskrywings wil voorstel, of indien u van ons foute wil uitwys, gebruik asb die kontak ons bladsy om die inligting onder ons aandag te bring. Ons waardeer enige positiewe bydrae. |
|

en met trots aangebied deur